Product added to wishlist
View Wishlist

Lees

Skrywer: Dr Cas Olivier

Hoekom doen kinders swak?

Daar is verskeie redes waarom kinders swak doen as hulle toets of eksamen skryf. Die vernaamste rede is dat hulle die werk soos ‘n papegaai geleer het die brein oorlaai het.

‘n Oorlaaide brein is soos ‘n kar waarvan al vier wiele gelyktydig pap word. Hy gaan nie vorentoe of agtertoe nie.

‘n Ewe belangrike rede vir swak doen is ons kinders se swak leesvaardigheid wat ook ‘n effek op hul (eksamen) skryfvaardighede het.

Laasgenoemde beteken die kind ken die feite, maar kan dit nie korrek formuleer (skryf) nie EN ook nie eksamen taal verstaan nie.

Jou kind moet kan agterkom of VERDUIDELIK en BESKRYF in die vraag dieselfde of verskillende betekenisse het. Kinders wat baie lees kan dit agterkom.

Hoe bemeester ‘n kind ‘n taal?

Bemeestering van ‘n taal het twee komponente.

(1) Die eerste een is om die taal te kan praat.

(2) Die tweede is om die taal te kan lees en skryf.

Kinders leer eers hoe om ‘n taal te praat en dan om te lees en skryf.  Lees en skryf word tweede aangeleer omdat dit moeiliker is.

99.9% kinders wat Thinking Tools sessies by my [Dr Cas Olivier] doen, lees nie ‘n koerant, tydskrif of boek nie. As dit jou kind is, is jou kind opvoedkundig verwaarloos, punt! Feit! Waarheid! Of jy nou van die spieël hou of nie. ieselfde geld as jy nie vir jou kind stories gelees het nie.

Wat is die verskil tussen praattaal en skryftaal?

Behalwe dat lees en skryf moeiliker is, is daar nog ander belangrike verskille.

  1. Praattaal se sinne is lank. Amper soos kronkel en afdraai paaie. Wanneer mens praat, verander jy jou sin soos wat jy dink. Jy val jouself ook in die rede en rek sinne baie lank uit.
  2. Skryftaal se sinne is korter en dwaal nie af nie.
  3. Praattaal gebruik ander woorde. As jy praat, gebruik jy dalk die woord “gee”. In skryftaal pas die woord “verskaf” dalk beter.
  4. Wat gebeur as die vraestel die woord “verskaf” bevat in plaas van “gee” en die kind ken nie die betekenis van “verskaf” nie? Dan moet die kind begin raai en die kanse vir ‘n verkeerde raai is baie goed. So, in baie gevalle is die antwoord maklik maar die vraag moeilik. Dit eindig in chaos en swak punte.

Bogenoemde gebeur as kinders nie lees nie. 99,9% van die kinders wat Thinking Tools sessies by my doen lees nie ‘n koerant of ‘n tydskrif nie. Dit beteken hulle val uit die bus omdat:
1. Kinders nie ‘skryfwoorde’ se betekenis ken nie.
2. Kindes het nie leesstrategieë nie.

Wat is leesstrategieë?

  1. Om afleidings te maak om agter te kom wat onbekende woorde beteken. Ek dink aan ‘groen lig gee’, wat nie ‘n groen lig beteken nie. Weet jou kind dit?
  2. Om, terwyl gelees word, te voorspel hoe die sin of paragraaf gaan eindig. Lees jou kind genoeg om sinne en paragrawe te kan voorspel?
  3. Om assosiasies te maak, byvoorbeeld die sin lees: “Omdat hy nie van skool hou nie, skilpad hy soontoe.” Jou kind moet dan ‘skilpad’ assosieer met ‘stadig’. Dit kan net gedoen word indien jy die storie van die hasie en die skilpad se resies ‘n paar keer gelees het en jou kind dit ook in meer as een boek gelees het. Indien die sin in ‘n begripstoets gebruik word, sal jou kind weet wat is ‘n sinoniem vir ‘soontoe’?

Hier is ‘n paar leesstrategieë

  1. Wat is die hoofgedagte van die sin?
  2. Watter afleidings kan jy van die woord self maak as jy nie ‘n woord verstaan (ken) nie?
  3. Is dit assosiasie (vergelyk) woorde: “So stadig soos ‘n skilpad?
  4. As jy ‘n woord nie ken nie, kyk of jy dit van die sin kan aflei?
  5. Kyk of dit sin maak as jy die woord met ‘n woord wat jy ken vervang.
  6. Breek die woord op en kyk of jy iets kan aflei, byvoorbeeld ‘oortreffende’ trap (oor tref)
  7. Som die storie op tot by die woord en kyk of jy iets wys word.
  8. As dit ‘n vraag is, kyk of jy ‘n wenk kan optel. Byvoorbeeld, jy weet nie wat woord ‘alliterasie’ beteken nie. Die vraag is: Onderstreep die alliterasie klanke in die sin: “Die (s)issende (s)lang is gevaarlik.”

 

 

Ek het gaan kersopsteek by Amanda Anker en Sanet Cox van die Fakulteit Opvoedkunde, Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie (KSUT), Wellington-kampus.

 

Los jou epos vir meer inligting, of WhatsApp my 0832592857 om Thinking Tools sessies te bespreek

Always use Thinking Tools
  •  
  •  
  •  

Subscribe to our Newsletter

Subscribe to our e-mail newsletter to receive updates.

No comments yet.

Leave a Reply