Product added to wishlist
View Wishlist

Woeker met Wiskunde by die Artscape

Hierdie naweek was dit alweer Wiskundekonferensie – en julle weet hoe mal is ek oor Wiskundekonferensies! Sarel seemonster het altyd gesê: “Stories is my leeeeeeeewe!” Ek sê:  “Wiskunde is my leeeeeeeewe!”

Baie dankie aan die SBA – die Stigting vir Bemagtiging van Afrikaans – wat betaal het vir alles en gesorg het dat onderwysers van die Kaaps vlakte (en ‘n paar van Worcester) nuwe goed kon leer wat hulle met hul kollegas kan deel en kan toepas in die klaskamer.

Ek self het weereens die Gr.7 – 8 onderwerp van die inleiding en doen van veranderlikes aangepak. Dit is gratis beskikbaar in die One-Stop-Math-Shop by…[net in Afrikaans beskikbaar]

Gr.7 Wisk: Verandelikes [PDF]

In my groepie was daar net so 10 mense en dit was heerlik, want ek kon my kennis en ervarings deel en hulle kon saam gesels. Hulle voorstelle en vrae het gelei tot meer besprekings.

Wat ook interessant was, was die feit dat dowe kinders minder woorde in hul vrae nodig het en belangrike woorde moet gebold wees. Dowe kinders sukkel alreeds met taal – en dit kan ‘n hewige “barrier” in Wiskunde skep. So ek het besef – wat ek gedink het is so oulik – kan nie regtig toegepas word op dowe kinders nie. Ek sal dit heelwat moet verkort….Dankie aan Kim wat my aan die dink gesit het (Sy is van ‘n skool in Worcester).

Iets wat ek laasjaar gedoen het toe ek ‘n tuisskoolseun gehelp het: In plaas van ‘n regmerkie of ‘n verkeerdmerkie, het ek klein groen sirkelplakkers geplak vir reg. As dit verkeerd was, het ek ‘n pienk sirkel geplak en gesê: “Try again :)”. Ek het besef dat die mense in my groep by die konferensie GEEN Wiskundebegrotings by hul skole het nie. Toe kom een meneer met die goeie voorstel dat mens net ‘n groen en pienk highlighter kan gebruik en kolletjies of strepies daarmee kan maak. Briljant! [En beter op die beursie.]

‘n Paar belangrike gedagtes:

  • Kinders kan dadelik vrae beantwoord wat prentjies het wat die somme uitbeeld. Begin dus ‘n nuwe onderwerp eers met oefening met prentjies. Hierdie tipe oefening help ook gewoonlik om kinders wat ver onder die vlak van ander is, weer saam te bring. Kyk in my boekie na Optelling Oef 1 met die appels. Ons het saamgestem dat selfs ‘n graad 7 kind wat bv. op graad 3 vlak is, dit sal kan doen.
  • Dit is BAIE, baie belangrik dat kinders in WOORDE moet kan sê wat hulle gedoen het. Aanvanklik vat hierdie proses baie lank en mors baie tyd, maar later gaan dit al hoe vinniger en later volg hulle al in hul koppe ‘n sekere denkproses, sonder om te skryf. Baie kinders skryf net antwoorde neer sonder om te dink. Deur dit in woorde te skryf, dwing dit hulle om te wonder wat hul nou eintlik gedoen het. Sinne kan soos volg lyk: “Ek het 2 by 3 getel”  “Ek het die twee goed geplus” “Ek het dit saam gesit” “Ek het op my fingers getel twie plus drie” ens. Let daarop dat die kinders in hul eie woorde kan skryf soos wat hulle alledaags praat.
  • Moenie kinders kritiseer vir verkeerde spelling nie. Solank hulle hul gedagtes kan neerskryf en jy kan verstaan wat hul sê, dan is alles “hunky-dory”. Verloor die klein gevegte (taal) sodat jy die groot geveg (dink en Wiskunde “uitfigure”) kan wen.
  • Konkreet, konkreet, konkreet! As die kind al 5 oefeninge gedoen het (net ‘n voorbeeld) en hy weet nogsteeds nie wat a + 14a is nie, laat hom nogsteeds dit fisies uitpak, al is hy hoe oud. Hou al jou melkbotteldoppies – glo my, dit tel gou op tot honderde. Vat dit klas toe. Laat hy 1 doppie uitsit, dan nog 14 en fisies van 1 tot 15 tel. Dis okay. Moenie dink aan die toekoms en toetse nie. Laat daai kind net elke dag elke som uitpak. Laat weet die ouers by die huis dat hy dit ook daar so moet doen. Iewers in die toekoms sal iets begin kliek (hoop ons met ons hele hart!). [Ek sou ook voorstel dat hu dieselfde oefening weer by die huis gaan doen en weer uitpak. Herhaling het baie keer ‘n goeie effek.]
  • Kleur! Laat die kinders met gekleurde penne of kokis hul werk doen en prentjies teken in hul boeke. Dit help dat die twee breine saamwerk, skep ‘n meer positiewe gevoel teenoor Wiskunde en help hulle dalk om die werk beter te “vang”.

Nou die foto’s:

Foto 1: Karelien Kriel – aanbieder van Gr.7-8 Veranderlikes

?????????????

Foto 2: Kollegas aan die werk….

?????????????

One Response to “Woeker met Wiskunde by die Artscape”

  1. Susanne Oosthuizen 2017-02-20 at 18:33 #

    Jy is ‘n ster. Jou insig is van onskatbare waarde. Jou mededeelsaamheid nog meer. Dankie.

Leave a Reply