Product added to wishlist
View Wishlist

Wiskunde begin by die huis…

…enige tyd van enige dag.

Ons weeg en meet ons seuntjies amper elke week. Die 3-jarige is erg trots dat hy al 15kg weeg.

Gister speel hy met sponsies. Hy pak hulle in ‘n toring en tel daar is 12. “Dis baie kilogramme, nê Mamma?” vra hy. Toe verduidelik ek dis baie SPONSIES, maar hulle is nie regtig swaar nie. Hulle is baie lig.

Ek gee toe vir hom my 1kg pakkie sout, sê hy moet dit vashou en voel hoe swaar is 1kg. Later in die dag haal hy weer die sout uit en sê, “Dis 1kg, nê Mamma?”

As 3-jarige mag hy dalk nie van massa verstaan nie, maar hy weet van swaar en lig. Hy weet die sout is swaarder as die sponsies. En ek het die saadjie van hoe swaar 1kg is, in sy gedagtes geplant.

Dis nie “wow” nie, dis ‘n klein dingetjie, maar DIS hoe ons Wiskunde leer – een klein (skynbaar inbenullige) dingetjie op ‘n slag.

cartoon-1841927_960_720-copy

No comments yet.

Leave a Reply