Product added to wishlist
View Wishlist

Comments from One-Stop-Math-Shop Customers

“Hierdie produkte is sommer ‘n brandstof inspuiting vir enige juffrou. Op kleiner plekkies met minder kollegas bied die produkte mens soveel selfvertroue om te glo in jouself en te weet jy is op regte plek met kinders. Die feit dat dit in beide tale is, maak dit n briljante produk. Dankie julle !!”

  • Linda Potgieter (Laerskool Bredasdorp, Bredasdorp, Wes-Kaap)

“One-Stop-Math-Shop is vir n juffrou in n klein skooltjie in n’ nog kleiner dorpie soos’ n “mall” in ‘n stad. Dit inspireer ons om beter te doen en groter te dink vir ons kinders. Jy sal nie een dag spyt wees om die produkte aan te koop nie. Dankie Karelien Kriel en Kobie Kleynahs.”

“Hierdie winkel is beter as ‘n “mall”. Ek is mal oor al die produkte. Elke dag kan ek nie wag om te sien wat is nuut nie. My Graad 1’s geniet die nuwe mooi werkkaarte; veral die outjies wat vinnig werk kan nie genoeg daarvan kry nie. Ek gebruik dit baie vir ekstra verryking vir hulle. Ook die ander wat by my RO kry van Gr.1 tot Gr 7 geniet die kleurvolle werk en prentjies by die werkkaarte. Baie dankie!”

“Hierdie assesseringstake [Kobie Kleynhans se Graad 1 en Graad 2 Kwartaal 3 take] is ONGELOOFLIK oulik dis n MOET koop dit gerus! Dankie Kobie Kleynhans.”

  • Hester Benade (Graad 1 enRO opvoeder, J.A. Malherbe Primêre Skool, PetrusSteyn, Vrystaat)

“All the products that I have bought are fantastic! Value for money, well thought out and comprehensive. Kobie Kleynhans and Karelien Kriel are Math wizards!

  • Tracey Mey Stroebel (Remedial Grade 2 Facilitator at EduExcellence PRS, Pretoria, Gauteng)

“Excellent resources ⭐️ Thank you!”

  • Anne Gillard (Rondebosch, Cape Town, Western Cape)

“Ek is mal oor jul produkte en die kinders geniet dit net so baie! Baie dankie vir al jul harde werk!!”

  • Lizani Muller (Gr. 1-3 Edublox Lees- en Leerkliniek (Oorbruggingsprogram), Polokwane, Limpopo)

“Ek is mal oor die ekstra grondslagfase wiskunde. My seuntjie se punte lyk fantasties.”

  • Corné Brynard (Mamma van ‘n Graad 1 seuntjie, Piketberg, Wes-Kaap)

“Dankie vir jul PUIK produkte!!!”

“Julle is albei [Karelien Kriel en Kobie Kleynhans] baie oulik met soveel hulp aan ons. Waardeer dit regtig baie!”

“Ek is BAIE opgewonde oor jou produkte!!!”

“Kan nie wag om afskrifte te maak en te begin met d boek met my graad 1’s nie!!”

“Die Space and Shape werkkaarte [Graad 1] is puik!!! Gaan dit Maandag begin gebruik. Julle werk is n geweldige positiewe inset by Gr 1 (en die Foundation Phase). Nou het ek met alles wat ek aangekoop het na die hoof en HOD gegaan en dit het hulle so beindruk dat al die grade ‘n stel gaan kry.”

  • Marelise Jacobs (Busy Bee Primary School, Newcastle, KwaZulu-Natal)

“Jou site is awesome! Vreeslik oulik. PS: Keep up the good work. :)”

  • Chantell Mans (Linden, Mpumalanga)

“Baie dankie ook vir al die oulike produkte, dit maak my taak as juffrou baie makliker. ”

  • Corlea van der Westhuizen (Kleinzee Primêre Skool, Kleinzee, Noord-Kaap)

“Baie dankie vir al jou inisiatief en al die kreatiwiteit. Ek is baie beindruk met die standard van produkte.”

  • Sonja Erasmus (Fochville, Gauteng)

“Julle assessering is sooo oulik…presies wat ons soek.”

  • Maryke van Eeden (EduExcellence Private School, Pretoria, Gauteng)

“Ek is mal oor die Survival Guide [Graad 2]. Ek sal graag net meer Graad 3 goed wil hê want ek hou skool vir die Gr 3’s (Engels) – alhoewel ek graad 1 tot 3 aankoop, want die werk oorvleuel maar.”

  • Alta Doubell (Laerskool Welgemoed, Kaapstad, Wes-Kaap)

“Baie dankie! Ek kan my verkyk aan alles.  Is so opgewonde oor alles in jou winkel.”

  • Amie Agenbag (Kleinzee Primêre Skool, Kleinzee, Noord-Kaap)

“Jou goed is baie oulik. Ek gebruik dit wel net vir my kinders by huis!!! My dogtertjie Gr.R en geniet die Gr.1 kwartaal 1 werkboek!!!”

  • Marietjie Pedlar (Gr. 4 en 5 opvoeder, Cedarville, Oos-Kaap)

“Kobie – Baie baie dankie vir die wiskunde boekies. Ek is regtig baie te vrede. Ek het dit baie maklik gevind om te bestel en af te laai. Dit is so lekker dat julle jul kennis met ons deel. Julle produk is ook baie bekostigbaar. Ek wens daar was vir al die vakke so ‘n wonderlike hulp middels soos jul Wiskunde. Ek is baie dankbaar vir die Graad 2 woordsomme. Dis nogal iets waarmee my dogtertjie sukkel. Hou so vol.

  • Koos Fick (Postmasburg, Noord-Kaap)

“Baie dankie vir jou opvolg e-pos. Jou produkte is puik! Ek sal binnekort van jou ander produkte ook bestel. Ek het die gratis graad 1 en graad 2 wiskunde boekies ontvang en gedruk en gaan vanmiddag met my kinders daaraan begin werk. Dankie vir jou toewyding om dit vir ons as mammas makliker te maak om ons kinders ‘n liefde vir wiskunde te leer! Mooi dag.”

  • Annalize Krüger (Stellenbosch, Wes-Kaap)

Ek werk tans met die boekies in my klas. Dit help baie met die vaslegging van kosepte en maak my werk soveel ligter. Ek sal dit regtig hoog aanbeveel.

  • Wilmi Claassen (Hoërskool Tulbach, Tulbach, Wes-Kaap)

“Hierdie boek [Grade 12 Math Lit Spring Book 2016] is tot op hede die mees “comprehensive / detailed” resource wat ek nog gevind het en dit is so “user friendly”! Baie dankie Karelien Kriel vir al jou moeite en dat jy altyd bereid is om “groentjies” onderwysers te help! Dankie ook dat jy luister na voorstelle om jou produk te verbeter.”

  • Elmaré van Rooyen (Opvoeder, Kaapstad, Wes-Kaap)

“Ek geniet dit.”

  • Esna Ebing (Mamma van ‘n kleuterseuntjie, Springbok, Noord-Kaap)

“Dit is wonderlik. Jy help my baie.”

  • Sanet Jones (Mamma van ‘n Graad RR dogter, Stellenbosch, Wes-Kaap)

Die volgende kommentare is deur anomiene persone gemaak:

“WOW! I was so impressed with the step-by-step way that the work was explained. There are also numerous tree diagrams that teachers can uses as resources.” [Renate Röhrs’s Tree Diagrams PowerPoint]

“Baie oulike en interessante maniere om getalkombinasies vas te lê!” [Kobie Kleynhans se Getalkombinasies {3}, {4} en {5}]”

“Wow, beautiful site. Thanks.”

 

 

 

No comments yet.

Leave a Reply